Die Geloftefees is die jaarlikse herdenking van die Gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838, voor die Slag van Bloedrivier, afgelê het. Dit het gelei tot Geloftedag, ‘n dag van danksegging vir Afrikaners wat die verlede, hede en toekoms in geloof herdenk.

Komende Maandag (15 Desember) sal daar vanaf 17:00 boeresport, volksliedjies en aandgodsdiens aangebied word vir feesgangers op die Delsma-gasteplaas, Riebeek Kasteel.

Op Dinsdag 16 Desember om 09:30 sal daar voorsang wees, gevolg deur ‘n feesrede deur Pieter Liebenberg, voor die erediens wat deur ds. Jan Fourie gelei sal word.

Om 12:00 is dit tyd vir saamkuier. Etes kan vooraf by Delsma bestel word. Hoederpotjiekos en roosterkoek kos R95 per porsie. Net roosterkoek kos R35 elk.

Feesgangers kan ook ‘n piekniekmandjie of iets om te braai saambring.

Verblyf kan ook by Delsma gereel word, met die opsie om ook op die rugbyveld te kamp. Daar is kamers, huisies, karavaanstaanplekke en tentstaanplekke. Skakel Delsma by 076 828 6358 vir besprekings.

Kontak ds. Jan Fourie by 072 507 1636 of Hennie de Villiers by 082 349 4001 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article