Om sy skool en gemeenskap by die nasionale interprovinsiale toernooi in KwaZulu-Natal te kan verteenwoordig is ‘n groot eer vir Johen Pietersen.

Johen Pietersen in aksie.
Johen Pietersen in aksie.

Dié hokkiespeler van die Hoërskool Dirkie Uys is vir die Boland-o.18B-seunshokkiespan gekies – ‘n groot prestasie.

Johen se liefde vir hokkie het op laerskool begin en oor die jare net gegroei.

“Hierdie geleentheid beteken baie vir my en ek is baie trots om my skool en Moorreesburg ‘op die kaart te sit’. Toe ek die nuus hoor dat ek in die span opgeneem is, was ek baie bly,” sê Johen.

“Om Boland in my matriekjaar te kan verteenwoordig, is ‘n groot eer.”

Johen sê hokkie beteken vir hom baie. Hy sê die sport het hom al baie in die lewe geleer en maak hom wie hy vandag is.

Dié kranige hokkiespeler het ook in 2023 die geleentheid gehad om in Nederland te gaan hokkie speel – ‘n bewys van sy liefde, talent en toewyding vir die sport.

Sy ma, Francis Pietersen, sê sy is baie trots op haar seun en alles wat hy tot dusver behaal het.

“Hy het net sy beste gegee om weer die span te haal. Omdat die Boland-proewe baie potensiale spelers het, maak dit enige speler en ouer trots om te hoor jou kind het die Boland- interprovinsiale
span gehaal. Ek is regtig baie trots omdat hy eendag ná skool ‘n rigting in sport wil volg en dat dit sy passie is,” sê Francis.

“Alle eer kom God toe vir dit wat Johen al bereik het.”

Om sy droom te verwenslik’ het Johen R14 900 nodig, asook ‘n bykomende R2 000 wat sy toerusting sal dek.

Boland-Skolehokkie sê die koste is dalk hoog, maar dit sluit alles in om seker te maak dat elke speler veilig en doeltreffend as ‘n span reis.

Die eerste betaling van R14 900 moet teen Vrydag 13 Junie betaal word en die tweede betaling van R2000 teen Vrydag 20 Junie.

• Lesers wat Johen wil help, kan Francis by 079 409 2284 kontak om haar seun sy droom te help bereik en hom finansieël te ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article