Bestanddele
2 eetlepels olyfolie
1 groot ui gekap
6 groot knoffelhuisies fyn gekap
1 klein rooi soetrissie gekap
4 groot ontbeende vellose hoender-filette in stukke gesny
4 groot tamaties gekap
½ koppie droë witwyn (opsioneel)
Sout en peper na smaak
10-12 mossels, geskraap en behoorlik skoongemaak
250 g calamari-ringe
3 ¾ koppies laesout-hoender-boeljonblokkie of -aftreksel
2 koppies jasmyn-rys
½ koppie bevrore ertjies
1 teelepel saffraanpoeier
1 teelepel paprika
½ teelepel elk knoffel- en uie-poeier
600 g garnale
2 eetlepels vars gekapte pietersielie
Vuur-geroosterde soetrissies
Metode
Verhit olie in groot pan (’n paellapan werk nog beter) oor medium hitte. Braai die ui, knoffel en soetrissie saam; kook totdat die ui sag en deursigtig is. Soteer hoender tot goudbruin. Voeg die gekapte tamaties, sout en peper by.
Kook vir 5 min. totdat dit vloeistof afskei en die tamaties ’n sous vorm. Voeg die wyn, mossels en calamari-ringe by.
Laat kook vir 5 min, en laat die wyn tot die helfte van die hoeveelheid verdamp en gooi dan die aftreksel, rys, ertjies en saffraan in.
Meng al die bestanddele goed saam.
Bring tot kookpunt; verminder die hitte en bedek sodat die rys die vloeistof absorbeer.
Roer gereeld sodat die rys nie vassit of vasbrand nie. Wanneer die rys byna gaar is, voeg die garnale by en meng. Bedek en kook gaar. Sodra dit gaar is, sprinkel die pietersielie oor en plaas soetrissierepies bo-op die paella.





