Wat is nou lekkerder as ’n vleisie op die kole? Geldenhuys en Jonker Prokureurs het die inwoners van Huis Wittekruin Vrydag 1 Desember met ’n vleisie op die kole bederf. Volgens Karen Hubbard, die bestuurder van Huis Wittekruin, het die inwoners dit vreeslik geniet. Stefan Geldenhuys, direkteur van Geldenhuys en Jonker Prokureurs, het aan Weslander vertel hulle hou hierdie uitreik na Huis Wittekruin sedert 1988 en dit is altyd lekker om almal weer te sien. By die braai staan die span (agter van links) – Hennie le Roux, Stefan Geldenhuys en Amanda Shand

Heerlike kuier by Huis Wittekruin met ’n vleisie op die kole

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article