Bestanddele

1 kopkool

30 ml of 2 e botter

250 g hoenderlewers

5 ml of 1 tl Robertsons Knoffelsout

30 ml of 2 eetlepels olie

1 ui, in blokkies gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

250 ml of 1 koppie gaar rys

410 g of 1 blikkie gekapte tamatie

250 ml of 1 koppie hoenderaftreksel

62,5 ml of 1/4 koppie vars pietersielie om voor te sit.

Metode

Kook die koolkop vir 10 minute.

Sny die onderste deel af en verwyder 10 groot blare.

Sny die aar uit elke blaar. Hou eenkant tot gereed om te gebruik.

Verhit die botter in ’n kastrol oor matige hitte en voeg die hoenderlewers by en geur met die Robertson’s knoffelsout.

Kook vir vyf minute, haal van hitte af en laat afkoel en sny in stukkies.

Verhit die olie in dieselfde kastrol en braai die uie en soetrissies vir 10 minute.

Voeg die gekapte hoenderlewers en rys by en meng goed.

Plaas ’n opgehoopte ¼ koppie hoenderlewervulsel op ’n koolblaar en vou van onder af in en rol op, vou die kante in soos jy rol.

Herhaal met die oorblywende blare.

Plaas die rolle in ’n groot oondvaste bak, naatkant na onder.

Meng die blikkie tamaties en aftreksel in ’n aparte pot en prut vir vyf minute oor lae hitte.

Gooi die tamatiesous oor, bedek en bak in die oond vir 45 minute tot ’n uur.

Strooi gekapte pietersielie oor en sit voor.

Bron: https://whatsfordinner-co-za.netlify.app/

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article