Die gasspreker Gretha Wiid het die vroue toegespreek.

Weskus Mall het Saterdag 9 Augustus die geleentheid gehad om die gasspreker Gretha Wiid by sy Vroudagbyeenkoms te hê. Dit het by The Daily-koffiewinkel plaasgevind.

Lydia Rossouw, Wendy Bezuidenhout, Joanne Bester, Gretha Wiid, Sonja Williams en Sonja Greeff.

Joanne Bester, ‘n bemarker van Weskus Mall, sê dit was ‘n dag van bemagtiging van vroue, die deel van stories, pret, lag en ook ‘n tyd om te besin oor die rolle wat alle vroue in Suid-

Trish Goosen en Zurika van Wyk.

Afrika in ons daaglikse lewe speel. “Ons het die krag, grasie en veerkragtigheid wat vroue elke liewe dag in die wêreld bring, gevier. Aan elke vrou – mag jy altyd jou waarde ken, jou skoonheid van binne en buite omhels en nooit ophou om jou unieke lig te laat skyn nie.”

Die geleentheid was goed bygewoon deur ‘n aantal dames.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article