In Uranusstaat by die Aandster-kafee is ’n rasta met ’n lang jas, wat aanhoudend vloek en skel en kwaad is vir mense.
Wetstoepassers moet nou dringend iets hieraan doen.
By die dam langs Welgemoedstraat is daar bosslapers en gemors. So ook in ander strate in die gebied.
Ek het ons wetstoepassers verskeie kere laat weet. Hulle het self nie ’n oplossing vir bosslapers nie omdat daar nêrens plek is vir hulle nie. Mense ry ook verby en stop om die mense geld te gee om hul gewete te sus. Besef hulle nie dié geld word vir dagga of tik gebruik, wat die situasie vererger nie?


