Gegradueerdes in rekenaargeletterdheid saam met Gereldo Pieters (voor) van Lethemba Care Projects.

Die ArcelorMittal-stigting in Saldanha se wetenskapsentrum, in vennootskap met Lethemba Care Projects, het onlangs die graduering van sy volwasse basiese rekenaargeletterdheidsklas gevier.

Die weeklikse program het deelnemers met baie min of geen vorige rekenaarervaring aan Microsoft Word, Excel, PowerPoint, internetgebruik, e-pos, besiese KI-beginsels en aanbiedingsvaardighede bekendgestel.

Xavier Lawrence, die wetenskapsentrum se bestuurder, beskou die suksesverhale as bewys van die program se impak.

“Ons is veral trots op leerders soos die 60-jarige Maria van Wyk, wat nie eens geweet het hoe om ‘n rekenaar aan te skakel toe sy aangesluit het nie, maar nou die kursus voltooi het. Ons het ook die vreugde gehad om te sien hoe ‘n ma-en-dogter-duo saam gradueer – ‘n wonderlike voorbeeld van Baby Boomers en Gen Z wat sy aan sy werk.”

Gereldo Pieters, die stigter van Lethemba Care Projects, het sy waardering

en trots op die gegradueerdes by die voltooiingsplegtigheid uitgespreek en die waarde daarvan uitgewys om geleent-

hede vir gemeenskapslede te skep om vaardighede te leer en vertroue te bou.

Die inisiatief dien as ‘n kragtige herin- nering dat digitale geletterdheid geen ouderdomsgrens het nie en steeds nuwe deure vir geleenthede aan die Weskus oopmaak.

Group of graduates with Xavier Lawrence (seated).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article