Mense het in groot getalle vir die gebedswandel opgedaag.Foto:


Sy het die stem van die Here gehoor en geluister. ’n Hopland-inwoner vertel die Here het die visie van ’n gebedswandel in haar gemeenskap op die hart gelê.

Sy het gewag op die regte tyd om die visie in aksie te stel, wat op Sondag 11 September gebeur het. Die doel van die gebedswandel was om te bid vir verskeie kwessies waarmee die gemeenskap sukkel – van geweld en dwelms tot alkoholgebruik en meer.

Volgens die inwoner is daar baie wat gebeur in die gemeenskap en vloeke wat gebreek moes word, en dit was ’n riem onder die hart vir haar om te sien hoe die gemeenskap saamgestaan het. “Mense beskou Hopland as ’n arm en gewelddadige gebied. Die Here het ook met my gepraat oor die kin­ders wat vaderloos gelaat is, en dis ook iets wat tot hul gedrag vandag bydra.”

Tydens die gebedswandel het mans vir die kinders ingestaan en opgestaan, en ma’s het saamge­staan om vir die gemeenskap te bid.

Ná die gebedswandel het sy ’n veran­dering in die gemeenskap gesien.

’n Opelugdiens is vir Sondag 24 Sep­tem­ber beplan om vir die Here dankie te sê, maar dit is weens die weer gekanselleer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article