Die speelpark vir die kinders was nooit ‘n oomblik stil nie. Foto’s Alida Buckle

Mense het vanjaar van Donderdag 28 tot Sondag 31 Augustus behoorlik na die Hopefield-fynbosskou gestroom.

Volgens Helena van der Westhuizen, die voorsitter van die skoukomitee, het sowat 7500 besoekers deur die hekke gestroom.

Dit was die 36ste Fynbosskou sedert sy ontstaan in 1989.

Die weer was vir vier dae heerlik in die Weskus – ideaal vir rondstap tussen stalletjies en die fynbosuitstalling.

Kinders kon ook lekker op die speelparktoerusting baljaar.

Met die uiteenlopende aanbieding van warm kos en snoepgoed is niemand honger daar weg nie.

‘n Ratel was deel van die fynbosuitstalling in die Fiona Kotzé-saal.
Lorinda de Reuck by haar saadstalletjie.
Ben en Ina Hoogenhout van Wellington geniet die fynbos-uitstalling.
Julian Melck lewer ‘n orreluitvoering in die NG Kerk Hopefield.
Die wenner van Weslander en die Fynbosskou se Koekemakranka-kompetisie, Amali Lesch, het die skou terdeë geniet. Sy het vier toegangskaartjies met haar bekkigheid gewen.
Die Lesch gesin is (van links) ma Amanda, Amali, boetie Kai en pa Bradley. Hulle het die dag saam met Amali kom geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article