Motorentoesiaste kan nie wag vir die veteraanmotor-saamtrek om 11:00 op Saterdag 30 Augustus nie.

Dit is weer tyd vir die gewilde Hopefield-fynbosskou op dié dorp se sportterrein van Donderdag tot Sondag (28 tot 31 Augustus).

Jaar ná jaar kom besoek al meer mense dié skou wat op die belangrikheid van die bewaring van die fynbos-biodiversiteitsones reg rondom Hopefield en die wyer Weskus fokus.

“Ons blomme- en plante-uitstallings word as van die beste in Suid-Afrika beskou,” sê Helena van der Westhuizen, die voorsitter van die skoukomitee.

Dit is die 36ste skou sedert sy ontstaan in 1989. Die eerste fynbosskou is onder leiding van Fiona Kotze, Kobie Truter, wat vir jare die herbarium behartig het, asook Elna Slabber, Eleanor Melck, Philbert Melck en nog plaaslike boere aangebied.

Van der Westhuizen sê die fynbossaal waaraan hulle al twee weke werk, sal een van die hoofaantrekkingspunte wees met dele van die Sand-, Riet- en Renosterveld wat uitgebeeld word met alles van fynbos tot spinnekoppe.

Die Fynbosskou word aanmekaargesit en beman deur gemeenskapslede wat vrywillig en sonder betaling werk. Hulle help met die versamel van blomme en plante asook die uitpak en uitstalling daarvan. Agterna staan die gemeenskap weer saam om die terrein en gebou saam skoon te maak en op te ruim. “Ons kan dit nie sonder hul toewyding en harde werk doen nie.”

Feesgangers kan van varsgebakte brode, handgemaakte produkte tot plaaslike kunswerke en verskeie heuningprodukte danksy Simply Bee aanskaf. Yslike trekkers en trekker-en-wa-ritte is vir oud en jonk beskikbaar om te geniet. Baie mense sien ook elke jaar uit om na die uitstalling van veteraanmotors te kom kyk.

Donderdagaand om 18:00 vind die Mnr. en Mej. Tiener Fynbos in die biertent plaas – iets waaraan al maande voor die tyd deur die organiseerders én deelnemers, wat hul uitrustings en passies getrou voor die tyd oefen, beplan word.

Weslander kondig ook oudergewoonte dié aand die wenners van die Weslander-Fotogenies-kompetisie aan. Dit is uitsluitlik vir deelnemers aan die Mnr. en Mej. Teen Fynbos beskore.

Die skouprogram is propvol met iets vir almal. ‘n Biertent met braaivleis, burgers, boerewors-

rolle en vele meer is op die spyskaart.

Toegangskaartjies kos slegs op Donderdag 28 Augustus R50 per volwassene; op die ander dae kos dit R70. Pensioentrekkers betaal

R30 en kinders van 6-18 jaar R20. Kinders jonger as vyf kry gratis toegang. Naweekkaartjies is ook beskikbaar. Skakel 063 406 0421 vir navrae of besoek

www.hopefieldfynbos.co.za

Die stalletjies bring die wêreld na Hopefield in die vorm van juwele en ander snuisterye.
‘n Goeie verskeidenheid koswaentjies en stalletjies vir ontbyt, middagete en aandete sal by die Fynbosskou te sien wees.
Varsgebakte brood is ‘n moet by die Hopefield-fynbosskou.
Die Fynbosuitstalling is wêreldklas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article