Dié 230 Boss-Mandraxtablette met ʼn straatwaarde van R9 200 is op Vrydag 18 April om 08:00 in die besit van ʼn 31-jarige Nigeriese burger gevind. Die Vredenburg-polisie het inligting opgevolg dat ‘n spesifieke wit voertuig dwelms vervoer. Die voertuig is in Hoofstraat opgemerk en afgetrek en toe dit deursoek is, is die Mandraxtablette gevind. Die verdagte het op Dinsdag 22 April in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Foto’s: SAPD

Talle aangekeer oor Mandrax en mossels

Dié sowat 12 606 witmossels is op Donderdag 17 April omstreeks 00:30 in Elandsbaai gekonfiskeer. Agt mans tussen 30 en 53 jaar is voorgekeer en deursoek. Sakke vol witmossels waarvoor hulle geen permit gehad het nie, is gevind. Die verdagtes het op Dinsdag 22 April in die Lambertsbaai-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article