Jannie du Toit by Die Koelkamers

16 December 2025 @ 12:00

Jannie du Toit se De Wals van de Liefde kom na Die Koelkamers. Veertig jaar nadat Jannie ‘n eerste Nederlandstalige liedjie plaaslik gesing het, is “De Wals van de Liefde” van Toon Hermans die titellied van sy nuwe program persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu. Maak seker jy loop nie die vertoning mis nie. Jannie deel die verhoog saam met Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (alt-saxofoon). Kaartjies kos tussen R161 en R276. Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article