18 October 2025 @ 09:00
Huis van Heerde in Moorreesburg hou op Saterdag 18 Oktober die Swartland-gholfdag op Moorreesburg gehou.
Die geleentheid is ten bate van die Huis van Heerde-kinderhuis in Moorreesburg, wat na kinders se emosionele, fisieke en intellektuele behoeftes omsien.
Die kinderhuis kan met die hulp van die gemeenskap voortgaan met dié werk.
Volgens die organiseerders was die vorige gholfdae ‘n groot sukses danksy borgskappe, koopbewyse en skenkings van elke onderneming wat deelgeneem het.
Registrasie vir die gholdfag en veiling op Saterdag (18 Oktober) om 09:00 en kos R2 500 per vierbal (R625 per speler).
• Bel Fredaline Harmse, die bemarker van Huis van Heerde, by 022 433 1042 vir nog inligting.
