Siljea de Leeuw en mede-Bok-ondersteuners van Vredenburg het saam na die eindstryd gekyk.


Weskussers het Saterdagaand op hete kole gesit om te kyk of die geliefde Bokke geskiedenis sal maak om die enigste span te word wat die Rugby-wêreldbeker ’n vierde keer omhoog hou, en helaas was dit so!

Familie en vriende het in groot getalle bymekaargekom om langs ’n braaivleisvuurtjie en met ’n glasie in die hand saam na die eindstryd te kyk.

In ’n naelbytstryd met ’n eindtelling van 12-11 het die Bokke hul teenstanders, die All Blacks, ’n vuishou gegee en die tweede agtereenvolgende keer die beker huis toe gebring.

Die Bokke het Dinsdag onder groot toejuiging by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom en skop vandag, Donderdag 2 November, die oorwinningstoer in Pretoria, Johannesburg en Soweto af. Hulle sal Vrydag 3 November ’n Kaapse draai met die Wêreldbekertrofee maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article