Oorvol muurprop-verlengings kan ‘n gevaar inhou. Foto: Safehouse

Safehouse, ‘n vrywillige elektriese-veiligheid- vereniging, sê baie elektriese produkte in Suid-Afrika voldoen nie aan basiese veiligheidsvereistes nie.

“Baie mense dink produkte in winkels is veilig, maar dit is nie altyd die geval nie. Hierdie produkte kan elektriese skokke of brande veroorsaak, selfs al lyk hulle veilig,” sê Connie Jonker van Safehouse.

“ ’n Groot probleem is die swartmark vir elektriese goedere. Baie produkte kom sonder behoorlike beheer die land binne. Die nasionale reguleerder (NRCS) maak nie altyd bekend watter produkte nie (aan vereistes) voldoen nie en verbruikers aan risiko’s blootstel.”

Volgens Jonker kan niemand net deur na ‘n produk te kyk, weet of dit veilig is nie. Laboratoriumtoetse is nodig om bv. isolasie, stroombane en materiaal te toets.

Sy sê verder winkels moet ook verantwoordelik wees en produkte toets voordat dit verkoop word. Goedkoop produkte verhoog die risiko van ongelukke.

“Safehouse moedig verbruikers en winkels aan om produkte met die Safehouse-merker te kies en hul webwerf te raadpleeg om te sien watter maatskappye veilig is. Ons werk saam met laboratoriums om toetse te doen en beter standaarde te bevorder. Veiligheid is nie opsioneel nie; verbruikers moet net betroubare elektriese produkte gebruik.”

• Besoek www.safehousesa.co.za vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article