Laerskool Saldanha is baie trots op drie van sy leerders wat hul Boland-kleure in rugby verwerf het. Dyllon Dempers (links) is vir Boland se o.13-sewespan gekies. Dempers gaan van Donderdag 29 September tot 1 Oktober aan ’n nasionale sewestoernooi in Bloemfontein deelneem. El-Jay Alexander (middel) en Adam Adonis (regs) is in Boland se o.12-span opgeneem. Dié twee gaan aan ’n interprovinsiale toernooi, wat van Donderdag 29 September tot 1 Oktober in Riversdal plaasvind, deelneem.


Drie van Laerskool Saldanha speel Boland-kleure los

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article