Die Strand-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat ‘n 20-jarige man in ‘n vermeende bendeverwante skietvoorval gewond is. ‘n Sestienjarige verdagte in verband met die voorval wat Saterdagoggend (4 November) in Broadlandspark afgespeel het, gearresteer.


Drie Weskus-mans is die afgelope naweek, wat net ná betaaldag aan die einde van die maand geval het, doodgesteek.

Donald Cedrick Lionel Lester (44) is Saterdagnag 3 Februarie doodgesteek – na bewering deur Buran Fortuin (20) – toe Lester ’n bakleiery in Kraaistraat, Louwville, tussen sy seun en Fortuin wou stop. Fortuin is ook in die bakleiery beseer. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en het Dinsdag (6 Februarie) in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot Maandag 12 Februarie uitgestel.

Athi Sithango (32) se lyk is Maandagoggend (5 Februarie) om 05:00 in ’n “houer” op ’n stoel gekry met ’n meswond in die bors. Niemand is nog vir die moord aangekeer nie.

’n Onderonsie tussen twee mans, wat ’n gesamentlike kombuis in Citrusdal deel, het daartoe gelei dat Divan Titus (38) ongeveer agt keer met ’n tafelmes gesteek is. Titus wou na bewering gaan kos maak, maar Warrick Boois (24), wat in die hoofhuis woon, het hom gekeer. Titus is daarop terug na sy kamer aan die agterkant van die huis, maar Boois het hom gevolg en glo met ’n mes bygedam. Titus is op die toneel dood en Boois is in hegtenis geneem. Hy verskyn eersdaags in die landdroshof op aanklag van moord.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article