Xavier Lemat Owies (10) van Doringbaai by die onlangse SA Laerskole-atletiekkampioenskap.

Doringbaaier verbeter rekord


Xavier Lemat Owies (10) van Doringbaai het onlangs by die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskap in Potchefstroom die verspringrekord agter sy naam geskryf.

Dié leerder van die Hoërskool Lutzville het by die SA Laerskole-atletiekkampioenskap aan die 80 m, 100 m en verspring deelgeneem. Hy het ’n tweede plek by die kampioenskap in die o.11- 80 m vir seuns in 10,61 sek. behaal. Hy het ook die vierde plek in die 100 m-eindronde vir seuns o.11 in 13,21 sek. losgehardloop. Sy aflosspan het ook hul wedren gewen, waarvoor hy ’n goue medalje ontvang het.

Sy grootste prestasie was egter sy eerste plek – en ’n goue medalje – in die verspring met ’n afstand van 4,75 m.

Xavier is die kleinseun van die bekende wyle Desmond van Dieman van Saldanha.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article