Bestanddele

Vodka-tamatiesous:

30 ml Food Lover’s Extra Virgin-olyfolie

30 g botter

2 groot of 4 klein preie, in dun skywe gesny

4 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml vodka

2 blikkies La Belinda- gekapte tamaties

250 ml hoenderaftreksel

sout en peper na smaak

250 ml vars room

Garnale:

2 pakke Food Lover’s-garnale Vannamei 31/40

sap van 2 vars lemmetjies (of gebottelde lemmetjiesap 60 ml)

30 ml olyfolie

100 g botter

4 knoffelhuisies, dun gesny

2 rooi brandrissies, fyngekap

sout en peper na smaak

Metode

Vodka-tamatiesous:

Verhit olie en botter in ’n kastrol; voeg preie en knoffel by en braai tot sag, maar moenie laat verbruin nie.

Voeg vodka by en verhoog hitte om die vloeistof te verminder; dit verwyder die meeste van die alkoholinhoud.

Sodra vodka-vloeistof tot omtrent die helfte van die oorspronklike hoeveelheid verminder het, draai hitte af en voeg tamaties asook vloeibare aftreksel by; voeg speserye by. Kook totdat die sous baie dik is – sowat 20 minute.

Voeg laastens room by en laat heeltemal deurwarm en verdik effens, indien nodig.

Dit behoort ’n effens bonkige bleek oranje-pienk sous te gee wat absoluut heerlik is.

Garnale:

Ontdooi garnale heeltemal.

Droog goed en plaas in ’n glasbak; bedruip met lemmetjiesap en laat rus vir 5-10 minute vir geure om te trek.

Verhit ’n braaipan met olyfoliemengsel en botter.

Wanneer botter gesmelt het, voeg die knoffel en brandrissie by en laat dit vir ’n paar minute braai tot aromaties.

Voeg die garnale by en kook totdat garnale kleur aanneem en ondeursigtig word.

Sit dadelik voor met die warm vodka-tamatiesous en korserige brood om elke laaste bietjie op te vee.. Bron:https://foodloversmarket.co.za/recipes

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article