Diazville-inwoner en rugbyspeler Kyle Atkins (15) het sy dorp trots teenwoordig by ’n rugbytoernooi in Frankryk en Italië.

Hy was opgeneem in die Travel in Sport Invitational Rugby-span by die Frans Malherbe-rugbyfees in Paarl vroeër vanjaar. Die span het op Donderdag 5 Desember vertrek en was vir omtrent 10 dae oorsee.

Die voormalige leerder van Diazville Hoërskool het ’n rugby beurs ontvang en is die afgelope jaar by Hoërskool Noord-Kaap waar hy skitter in sport.

Atkins meen die toernooi was baie ’n goeie ervaring en hy hoop om weer so ’n geleentheid in die toekoms te kry. “Dit was lekker om te reis van plek tot plek en bietjie nuwe dinge te ervaar. ’n Pluspunt was die feit dat ons ’n gemengde span was en baie goed gevaar het op die toernooi.”

Sy ouers is baie trots op hom en dit wat hy tot dusver bereik het. “Ons is baie trots en hoop hy kan raak gesien word in sy passie vir rugby. Ons is ook dankbaar vir almal wat hom ondersteun en glo hy kan nog hoogtes bereik as hy nederig bly,” voeg hulle by.

Atkins sê hy het ’n groot liefde vir rugby en het al vele toekennings verwerf. “My grootste inspirasie was my broer en my droom is om eendag professionele rugby te speel. Ek bedank ook almal wat dit moontlik gemaak het.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article