Diaz Leeds FC het die afgelope Saterdag (22 Maart) in ‘n tuiswedstryd teen Ubuntu Football Academy van Ocean View gespeel.

Diaz Leeds se spelers het baie goed begin en hul teenstanders onder druk geplaas.

Die Ubuntu-spelers het ‘n sterk wind van agter gehad en dit baie goed benut.

Diaz Leeds se ster-middelveldspeler, Aphelele Nganco (Towa), en sterk verdediger, Lonwabo Mkeli (Loyd), het pragvertonings gelewer en hul teenstanders se voorspelers laat sukkel om deur te breek.

Ubuntu Football Academy het egter daarin geslaag om twee doele voor rustyd aan te teken.

Diaz Leeds se jong doelwagter, Deiniol Cloete, het wel in beide helftes goeie keerwerk gedoen en verhoed dat nie meer doele geskop is nie.

Ubuntu Football Academy se spelers het stelselmatig al meer druk toegepas en die foute van die Diaz Leeds-spelers afgedwing.

Onnodige foute en verspeelde kanse het Diaz Leeds die wedstryd gekos. Dié span kon nie regtig momentum met sy vloeiende spelpatroon bereik nie.

Hoewel Diaz Leeds met elke wedstryd vordering toon, het hulle in dié wedstryd die onderspit met 5-2 gedelf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article