Wyle sersant Donay Phillips en sy verloofde, Jodie Williams, ’n onderwyser by Steenberg’s Cove Primêr.


(vervolg vanaf bladsy 1)

Phillips is in die proses oorval, van sy dienspistool gestroop en deur die pasiënt, glo ene Malgas, in die kop geskiet.

Twee ander pasiënte (48 en 42 jaar oud) is ook op die toneel doodgeskiet.

Volgens dr. Saadiq Kariem, bedryfshoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het ’n verpleegster met baie psigiatriese ondervinding die moed gehad om die saal binne te gaan.

Sy het die skieter oortuig om die vuurwapen te oorhandig. Daarna het sy hom met ’n verdowingsmiddel ingespuit.

Phillips is Sondagoggend om 03:15 in die Groote Schuur-hospitaal dood, ure nadat hy van die New Somerset-hospitaal in Groenpunt oorgeplaas is.

Een van die vermoorde pasiënte is intussen uitgeken as Geret Carolus, oorspronklik van Atlantis. Carolus se suster, Amanda Bodkin, sê hy het die afgelope jaar egter in Laingville, St. Helenabaai, gewoon.

Carolus was ’n diabeet en was ten tyde van sy moord in die hospitaal vir die amputasie van sy been weens diabetiese komplikasies.

Die polisie probeer nog om die familie van die tweede noodlottig gewonde pasiënt, glo ’n hawelose, in die hande te kry.

Patekile het ook bevestig die skieter was ’n pasiënt by die hospitaal en ook ’n oud-polisiebeampte.

Hy het gesê Phillips is maklik deur die groot geboude oud-polisiebeampte oorval. Dié is op die toneel in hegtenis geneem.

Malgas se prokureur, Shaun Balram, het Dinsdag in die Kaapse landdroshof gesê sy kliënt ly aan erge depressie en het selfmoordneigings.

Die saak is tot 30 Junie uitgestel.

Volgens brig. Novela Potelwa, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sal Phillips deur sy kollegas as ’n baie netjiese, voorbeeldige en vriendelike polisieman onthou word.

Hoewel Phillips se kollegas volgens Potelwa “’n broer in Phillips verloor het”, het Jodie Williams, ’n onderwyser by Steenberg’s Cove Primêr in St. Helenabaai, haar verloofde aan die dood afgestaan.

Die skoolhoof, Karyke Smit, het vandeesweek in ’n verklaring op die skool se Facebookblad gesê: “Ons harte is stukkend saam met juffrou Jodie en Donay se familie. Ons dra julle op in gebed en vra dat God julle hierdeur sal dra.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article