Devon Bester van die Velddrif-krieketklub in aksie.Foto:


Die Velddrif-krieketklub en Hopefield Wanderers II het die afgelope Saterdag (2 Desember) kragte gemeet.

Die Weskus-spanne het op Hopefield gespeel in die Boland se eerste liga in die Weskus-streek.

Die Hopefield Wanderers het die loot gewen en eerste gekolf. Die span het 239/6 in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken.

Devon Bester van Velddrif was die uitblinker met die kolf en het 153 aangeteken. Hy is goed bygestaan deur Luke Blaauw (63). Hulle het ook ’n ven­noot­­skap van 225 vir die eerste paaltjie aange­teken.

Velddrif het die wedstryd met sewe paaltjies gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article