Die skoolhoof, Lee-Ann Davids-Hartzenberg, sê De Bruin is ’n toegewyde leerder in atletiek sowel as akademie, en ongeag die moeilike omstandighede waaruit hy kom, poog hy om sy beste te lewer.
“Hy is so doelgerig dat hy daagliks op sy eie na die plaaslike sportterrein gaan om te oefen.
“Sy durf en uithouvermoë is vir ons as opvoeders ’n groot inspirasie om ook ons beste te lewer as dit by ons kinders kom.”
Sy voeg by die leuse van die skool is Prodite, gaan voorwaarts! “De Bruin, deur sy uitmuntende prestasie, leef duidelik die skool se leuse uit.”
De Bruin benodig ’n toksak, hardloopskoene, tekkies en sakgeld onder andere vir die SA kampioenskap einde van die maand. Enigiemand wat ’n finansiële bydrae wil maak tot sy onkostes is welkom om die skool by 022 714 1645 te skakel.




