Die Cove-buurtwag in St. Helenabaai is die hele jaar aktief in die gemeenskap betrokke.

Maar dit kan nie suksesvol wees sonder ’n groep finansiële mense wat nie net hul harte vir die gemeenskap oopmaak nie, maar ook hul beursies, en hul tyd en kennis gee. Graag bedank ons Ishmail Davids, Pietie Carstens, Carina Bester, Jurie en Gerda Wessels, Yasmin Ohlson, Zaliah Stoltenkamp, Lorette van die St. Helenabaai-hotel en Nazma- minisupermark in Cove. ’n Ekstra spesiale en groot dank aan André Kleynhans van Anker Bouers, wat sy hart en beursie vir Cove se mense oopmaak. Sonder julle sal die projekte nie moontlik gewees het nie en met ’n span soos julle wat altyd help, sien ons reeds uit na 2023.


Cove-buurtwag,

St. Helenabaai

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article