Maak gereed vir skaterlag, want Casper de Vries se Semi Lewendig kom Vrydag 1 Maart na Die Koelkamers.
Ná ’n tydperk van stilte weens ’n piepklein “goggatjie” wat hom bedlêend gehad het, is Casper terug en hy is gereed om sy skreeusnaakse reis van herstel en waarnemings oor die wêreld se huidige toestand te deel. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R184 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com


