Mense dink dalk aan posduiwe as ’n “ou man” se sport, maar een Saldanhabaaier het bewys hierdie sportsoort is vir oud en jonk. Zion Rabie (14), ’n leerder aan die Hoërskool Weston, se duiwe het die afgelope seisoen uitstekend gevaar. Dié junior van die Saldanha-posduifklub het op klubvlak algeheel derde geëindig en is verlede jaar se junior kampioen. Op unievlak is Zion as die algehele junior kampioen en die kortpad-, middel- en langpad-kampioen aangewys.


Beter as die posdiens?

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article