Van links is ds. Charl van Rensburg van die NG gemeente Laaiplek, die wyksraadslid Johan Moolman namens die Bergrivier-munisipaliteit, Irma Viljoen en Elaine Oosthuizen (NG kerk Laaiplek).Foto: Madelie van Tonder

Besoek Laaiplek-feesmark

Van links is ds. Charl van Rensburg van die NG gemeente Laaiplek, die wyksraadslid Johan Moolman namens die Bergrivier-munisipaliteit, Irma Viljoen en Elaine Oosthuizen (NG kerk Laaiplek).Foto: Madelie van Tonder


Die eerste Lief Laaiplek-feesmark is Donderdag 21 September amptelik ingewy. Die mark, met ’n verskeidenheid handgemaakte produkte en lekkernye, duur tot Saterdag 30 September.

Volgens ds. Charl van Rensburg van die NG kerk Laaiplek, verloop die feesmark tot dusver bo verwagting baie goed. Met byna 2 000 mense wat die feesmark die eerste vier dae besoek het, lyk die getalle goed.

Van Rensburg verduidelik die doel van die feesmark is om uitstallers die geleentheid te gee om hul produkte uit te stal en te verkoop en as geldinsameling vir die gemeente te dien.

Allerhande produkte is te koop, soos tuisgebakte disse, handgemaakte produkte, gesonde kosse, stokperdjie-produkte en meer.

Besoek hulle gerus by die NG kerk Laaiplek se kerkterrein by Kerkstraat 1, Laaiplek. Die mark se tye is Maandag tot Vrydag van 10:00 tot 18:00 en Saterdag van 09:00 tot 14:00.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article