Uitnemende atlete, joernaliste en sportadministrateurs kan nou vir die agtiende Jaarlikse Suid-Afrikaanse Sportoekennings benoem word.
Die departement van sport, kuns en kultuur nooi sportfederasies, provinsiale sportdepartemente, professionele ligas, sportklubs of sport-unies, die sport vir maatskaplike verandering-netwerk, skole se sportkodestrukture, mediamaatskappye en erkende sport- en ontspanningsliggame om benoemings vóór Vrydag 20 Junie in te dien.
Hierdie jaar se weergawe word onder die tema “Viering van Sportuitnemendheid” aangebied.
Individue en spanne wat ‘n passie vir sport in die harte van Suid-Afrikaners deur hul binne- of buitelandse deelname lewend hou kan, op dié manier vereer word.
Benoemings moet op die departement se webwerf www.dsac.gov.za ingedien word.



