(Gesluit | Closed) Wen twee kaartjies na opera in die Kaap – Donderdag 26 Junie

Cape Town City Hall. Photo: Wikipedia
Cape Town City Hall. Photo: Wikipedia

As jy lief is vir opera óf nog altyd een wou bywoon, en jy het geld om tot in Kaapstad te kom en terug, dan is dié jou kans! Wen twee kaartjies na die uitvoering van Il Trovatore, ‘n Italiaanse opera in vier bedrywe deur Giuseppe Verdi.

Nontobeko Bhengu plays the role of Leonora. Photo: Thando Mpushe.
Nontobeko Bhengu sings the character of Leonora. Bhengu was just awarded a Fleur du Cap and is soon heading to the Bavarian State Opera. Photo: Thando Mpushe.


Die storie speel af in die 15de-eeuse Spanje gedurende ‘n tyd van burgeroorlog. Dit fokus op ‘n liefdesdriehoek tussen Leonora, Graaf di Luna en die troebadoer Manrico, verweef met temas van wraak en die vernietigende krag van die noodlot.
Een Weslander-leser staan die kans om ‘n dubbelkaartjie vir die een-aand konsertuitvoering van Il Trovatore op Donderdag 26 Junie by die Kaapstadse Stadsaal te wen. Die vertoning begin om 19:30.

Hoe om te wen?

Bring net ‘n uitknipsel van jou gunstelingberig in die uitgawe van Weslander wat nog op die rak in winkels is (Donderdag 12 Junie se uitgawe), na Weslander se kantoor by Velddrifweg 26, Vredenburg, vóór Dinsdag 24 Junie om 16:00.
Diegene wat kaartjies wil koop, kry dit by Webtickets. Dit begin by R175 per persoon. Skole, nie-winsgewende organisasies kan afslagkaartjies vir die 14:00 finale klereoefening koop, ook by Quicket.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article