Die Saldanha-Tafelronde het Sondag 24 Julie besluit om die inwoners van Huis Wittekruin in Vredenburg met ’n heerlike lamspotjie te bederf. Hulle wil graag vir Cartol bedank vir die skenking van die vleis. Die potte het behoorlik geroer en volgens JP Bezuidenhout van die Tafelronde was dit vir die manne ’n groot voorreg om die senior burgers te bederf en na al hul stories te luister. Links staan die manne by die potte.


Bederftyd

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article