Beurtkrag het ’n invloed op die staalreus ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se verdienste, soos vele ander Suid-Afrikaanse ondernemings.

Amsa het verlede Woensdag sy verdienste vir die vierde kwartaal van 2022 bekend gemaak. Volgens Kobus Verster, uitvoerende hoof van dié maatskappy, het Amsa se wesensverdienste tot R607 miljard gekrimp. Amsa sê egter hy verwag ’n beter omgewing vir handel in die eerste kwartaal van 2023.

“Amsa sal voortgaan om vinnig en beslissend op die moeilike marktoestande te reageer. Ons sal volumes verhoog deur te fokus op die vervanging van invoer en deur Afrika-oorland-volumes te teiken, na aanleiding van ’n kontantbestuursproses, en ’n buigsame benadering tot die bestuur van aanlegte neem in reaksie op die beskikbare bestelboek, terwyl vastekostevlakke dienooreenkomstig aangepas word.”

Dit blyk dié buigsame benadering tot die bedryf van aanlegte het Amsa reeds in die laaste jaar goed gedoen.

Die maatskappy het opgehou om ’n hoogoond van Vanderbijlpark sedert November tot vandeesmaand te gebruik toe bestellings dié aanskakeling weer regverdig het. Nog oonde, in onder meer Newcastle en Vereeniging, het ook weer aanlyn gekom namate bestellings ingekry is.

Intussen is Asma se planne om hul eie elektrisiteit op te wek steeds ’n fokus vir die maatskappy. Volgens die staalreus staan die vatbaarheidstudies vir planne vir ’n 200 MW- hernubare elektrisiteitsprojek einde se kant toe.

Vroeë bouwerk vir die projek word vir die vierde kwartaal vanjaar beplan, met die oog om dit by die Vanderbijl-aanleg op te rig. Kostebesparing is een van die grootste dryfvere vir dié projek.

Aanvanklike sprake dat die Saldanha-aanleg moontlik ook ’n opsie vir kragopwekking sal wees, is ondersoek.

Moontlike goeie nuus vir plaaslike inwoners is Amsa se planne om sy koolstofvoetspoor te verminder. Volgens Amsa word van die staalbedryf verwag om weg te doen met koolstof-intensiewe vervaardiging.

Verster sê die skuif na ontkoling skep geleenthede vir die hervestiging van die sektor wat tot werkskepping en die uitvoer van “groen staal” en vervaardigde goedere kan lei.

Hierdie geleenthede kan moontlik beteken
honderde werkers kan weer in diens geneem word – veral in die Vaal-gebied, KwaZulu-Natalse Middellande en die Weskus.

Staalproduksie by die Saldanha-aanleg is in Maart 2020 gestaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article