Ná die kommersiële sukses van “Vat my saam” en “Rooiwynlippe” stel André Huysamen van Yzerfontein ‘n splinternuwe enkelsnit, “Ek sal wag vir jou”, in same- werking met die talentvolle Afrikaanse kletsrymer Richii bekend.

Dié poplied, wat aan die nostalgiese klanke van die vroeë 2000’s herinner, verken die dina- miek van ‘n toksiese verhouding en die mede-afhanklikheid wat dikwels daarmee gepaard gaan.

“Elke mens beleef só ‘n situasie deur sy eie persepsie en realiteit. Daarom maak ons dikwels die ander party die skurk in ons verhaal. Maar ‘n mens moet ook eerlik genoeg wees om te erken dat jy self partykeer die toksiese een kan wees,” verduidelik Huysamen.

Hy benadruk egter dat die lirieke nie op sy eie persoonlike lewe gebasseer is nie, maar dat die tema hom geïnspireer het om die lied te skryf.

Richii, ‘n kletsrymer van George, is bekend vir sy liefde vir groot tye, harde ritmes en energieke partytjie-vibes.

“My musiek bring die gees van die jol – dis vir daai laat aande, groot lag en ‘n koue in die hand. Ek hou daarvan om vibes te drop wat mense laat dans, saamsing en vergeet van die stres. Dis nie te diep nie; dis net reg,” vertel Richii.

Oor die kreatiewe samewer-

king met Huysamen sê Richii dit was ongelooflik.

“Ons het van dag een af ‘n kreatiewe kliek gehad, en dit was duidelik dat ons albei dieselfde visie deel – om iets egs en oorspronkliks te skep. Sy styl en my vloei het perfek saamgesmelt, en die energie was tasbaar.”

Huysamen is self vol lof vir sy mede-kunstenaar.

“Ek is ongelooflik dankbaar en opgewonde dat ek saam met Richii kon werk. Hy was professioneel, kreatief en onder- steunend deur die hele proses. Ek kon nie glo hoe vinnig hy sy verse bymekaargesit het nie. Alles het net natuurlik en

moeiteloos gevloei. Richii is

gewis die toekoms van Afrikaanse kletsrym. Ek het lank- laas iemand ontmoet wat só eerlik, talentvol en outentiek is.”

• ”Ek sal wag vir jou” is van Vrydag 26 September op alle digitale platforms beskikbaar.

Sanger André Huysamen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article