’n Afvaardiging van die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake het die Bergrivier-munisipaliteit besoek. Mario Wessels, die onderburgemeester (middel), het die groep in die gebied verwelkom.


Piketberg is deur die nasionale regering vir die kleindorpse herlewingstrategie geoormerk.

’n Afvaardiging van die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake het onlangs die Bergrivier-munisipaliteit (BM) besoek met die doel om die implementering van hierdie strategie vir Piketberg te bespreek.

Hierdie projek beoog om ruimtelike transformasie binne die dorp te bewerkstellig deur uitdagings wat die herlewingsproses belemmer, die hoof te bied.

Dit moet ook bepaal word hoe hierdie proses bevorder kan word om progressiewe ontwikkeling te verseker.

“Die idee is om regtig te verstaan ??wat die ontwikkelingsbehoeftes van Piketberg is, sodat ons volhoubare gemeenskappe kan bou. Om dit reg te kry, moet gekyk word na veiligheid, ’n ruimtelik bemagtigende omgewing, maatskaplike ontwikkeling, groen en oop ruimtes, ’n inklusiewe plaaslike ekonomie en hoe al hierdie aspekte geïntegreer kan word,” sê Mario Wessels, die munisipaliteit se onderburgemeester.

Die Piketberg-gebiedsplan, wat op 23 Februarie verlede jaar deur die raad aanvaar is, sal die grondslag vir die implementering van die kleindorpse herlewingsprogram wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article