Leerlingklasse word nou in Piketberg, Porterville en Velddrif elektronies aangebied.

Die Bergrivier-munisipaliteit se leerlinglisensieklasse in Piketberg, Porterville en Velddrif is onlangs van nuwe elektroniese leerlinglisensie-toerusting voorsien.

Hierdie toerusting is deur die Padverkeer-bestuurskorporasie aangebring en word tans by alle toetssentrums geplaas.

Cavin Cornelissen, hoof van verkeersdienste by die Bergrivier-munisipaliteit, sê die doel van hierdie elektroniese stelsel is om korrupsie te verhoed en dienslewering te bevorder.

“Die stelsel kies self vrae uit ‘n databank van ongeveer 1 500 moontlike vrae,” sê Cornelissen.

Hierdie nuwe tegnologie is regstreeks aan die Nasionale Verkeersinligtingstelsel, Natis, gekoppel. Voornemende kandidate word aangemoedig om gebruik te maak van die studiemateriaal op die Natis-webtuiste by www.natis.gov.za om deeglik vir hul leerlinglisensietoets voor te berei.

Enige navrae kan gerig word aan jou naaste verkeerskantoor.

Hierdie stelsel raak geensins die huidige aansoekprosedure nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article