Die rymkletser Lorenzo Huyster (26), meer bekend aan sy verhoognaam “Razer”, is hard aan die werk aan sy derde album en baie opgewonde vir dit wat kom.

Die nuwe album, Mistige Liefdesverhale, fokus op die liefde maar ook op die verbrokkeling van verhoudings.

Op die album werk dié inwoner van Hopefield saam met ‘n paar bekendes in die musiekbedryf, soos Tess E, Capitol F en Enix van Kopfkids Entertaiment.

Wanneer dit kom by die kies van kunstenaars saam met wie hy wil werk, sê Razer hy luister na hul vorige musiek om vas te stel of hulle die rigting kan volg wat hy met sy musiek wil inslaan.

“Enix se energie pas by elke liedjie waaraan ons saam werk, maar die meeste van die tyd gaan ek vir kunstenaars wat ek weet ‘n storie in die paar sekondes of minuut wat ek hulle op die liedjies gee, kan vertel.”

Die visuele materiaal word deur LK van Rjay en LK Musiek geskiet, wat vir Razer ‘n groot eer is. “LK het my eerste official musiekvideo op YouTube ook gedoen, genaamnd Ek sal jou vind. Dis altyd lekker om saam met hom te werk. Hy is ook baie kreatief.”

Razer beplan om die album in April vry te stel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article