Deon Roux, die bekende en kreatiewe kunstenaar van Tableview, wat sy produkte onder die naam Deoux bemark, kom stal van sy skilderye en boere­dekor op Vredenburg uit.

Deon het al verskeie uitstallings gehad en ook heelparty pryse op feeste en skoue losgeslaan, onder meer silwer medaljes by die Gariep Kunstefees in Kimberley en by die Swartlandskou.

Hy het ook uitstal­lings gehou by die Vryfees in Bloemfontein, Inniebos in Nelspruit, KKNK in Oudtshoorn en ook in Uppington.

Roux is veral bekend vir sy half-deurgesnyde skeppings, want, soos hy verduide­lik: “Jy kan tog net eenkant van ’n produk sien.”

Die meeste van sy dekor is natuur­lik unieke skeppings want alles is oor­spronk­like artikels wat gebruik word en daar is so min van hierdie oudhede nog beskikbaar.

Hy het van die stand­punt uitgegaan om uit­heem­se kuns teen bekos­tig­bare pryse te verkoop.

Kopers het al van sy geskilderde deure aan die kant van hul bakkie vasge­maak en terug­gery plaas toe.

Deon stal ’n groot verskei­denheid unieke dekor uit wat elke smaak en sak sal pas.

Deon se uitstalling is te sien by die Weskus Kers­mark vanaf 14 tot 22 Desember in die Hoër­skoolsaal in Vreden­burg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article