Megatani Elias Bera van die plaas Heldervue net buite Piketberg het Saterdag 25 Desember 2021, op Kersdag, 102 jaar oud geword. Die Bergrivier-munisipaliteit het oom Elias, soos hy bekend gestaan het, met ’n koek vir sy verjaarsdag bederf. Die hartseer nuus is dat oom Elias Maandag 10 Januarie oorlede is. ’n Kennis van hom sê hy kon baie staaltjies uit sy dae vertel en sy swaar Afrikaanse aksent het die vertellinge nog meer kostelik gemaak. Hy was soos ’n oupa vir baie kinders op Heldervue. Links is oom Elias by Denver Adams.


Oom Elias groet kort ná 102de

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article