Die pad tussen Stompneusbaai en Vredenburg word tans geteer.


Die padkonstruksieprojek van die departement van vervoer en openbare werke en die Weskus-distriksmunisipaliteit, om die pad tussen Stompneusbaai en Vredenburg te teer, vorder goed.

Tot op hede het hierdie R200 miljoen- konstruksieprojek reeds 45 plaaslike werksgeleenthede geskep. Ongeveer 5,5 km van die pad was teen Desember 2021 volledig geteer teen ’n geraamde koste van R60 miljoen.

Volgens Heinrich Robertson, woordvoerder van die Weskus-distriksmunisipaliteit, is die padkonstruksieprojek mooi op tyd. “Wanneer die projek in Maart 2023 voltooi is, sal dit nie net die rit van Stompneusbaai na Vredenburg aansienlik verkort nie, maar sal padgebruikers ook na ’n veel veiliger en gemaklike roete kan uitsien. Ons bedank die publiek vir hul samewer­king en geduld in die konstruksie­tydperk,” het Robertson gesê.

Motoriste kan die R311 tussen Vredenburg en Paternoster as alternatiewe roete gebruik. Navrae oor die konstruksieprojek kan gerig word aan info@wcdm.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article