Saterdag (5 Februarie) het Velddrif-krieketklub gasheer gespeel vir Hopefield.

Die besoekers het die loot gewen en vir Velddrif ingestuur om eerste te kolf. ’n Goeie aanvangsbeurt deur kaptein Theo Ontong en Jaydon Jacobs (15) het die besoekers se boulers aan die raai gehou en die lopies het veral van Ontong (55 lopies) se kolf gevloei, terwyl sy jonge aanvangsvennoot, Jacobs, die “strike” geroteer het.

Ná die val van die eerste paaltjie het Devon Bester die telbord aan die rol gehou en die skare getrakteer met mokerhoue uit die boonste rakke. Hy is uiteindelik uit op 85. Velddrif kon in sy 50 boulbeurte 251 vir die verlies van 6 paaltjies aanteken.

Hopefield se kolfbeurt kon nooit aan die gang kom nie al het hulle hoe moedig probeer en ná 50 boulbeurte is hulle beperk tot 202/9. Boulers van die tuisspan wat indruk gemaak het, was Collis Reid met 3/17 in 5 boulbeurte en Yves Blaauw met 2/29 in sy toegelate 10 boulbeurte.

Velddrif wen met 49 lopies.

Die T20-kompetisie skop op Saterdag 19 Februarie af.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article