West Coast Shutters-werkers het verlede week begin om die dorp skoon te maak.


West Coast Shutters in Velddrif wil terugploeg in sy gemeenskap deur die dorp een keer ’n maand skoon te maak.

Janke Carstens van West Coast Shutters sê hulle ry daagliks deur die dorp en sien hoe rommel gestrooi lê.

“Daar is papiere, plastiek en kos wat rondlê. Die rommel word langs die drom in plaas van in die drom gegooi,” vertel Carstens.

Hierdie aksies het hulle gemotiveer om die dorp een keer ’n maand op ’n Vrydag as ’n span skoon te maak asook om die hulp van die gemeenskap in te roep.

“Ons dorp is ons trots, maar dit lyk op die oomblik sleg.”

Carstens verduidelik dat hulle die beplande stuk grond of roete op hul Facebookblad bekend sal maak en foto’s voor en ná die skoonmakery sal deel om plaaslike ondernemings te motiveer om deel van die inisiatief te word. “Ons sal die vullissakke koop en die vullis aan die einde van die dag wegry. Vagas sal koue water borg.”

Mense wat wil help, kan om 09:00 by die beplande opruimplek ontmoet. Kontak 072 935 4145 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article