Piketberg-dieresorg het die hulp van die gemeenskap nodig.
Met klein babakatjies in hul sorg, benodig hulle skenkings van onder meer kombersies, niegegeurde klam lappies (wipes), warmwatersakke asook sagte speelgoed.
Enigiets, al is dit hoe klein, sal ’n groot verskil maak in die lewe van die katjies.
Skenkings kan afgegee word by Yummy Takeaways in Loopstraat 68, Piketberg.
Vir meer inligting, bel Beryl-Ann du Plessis, fondskoördineerder, by Piketberg-dieresorg by 082 606 5364.




