Life West Coast-verpleegster Benjamina Maleho. Foto:


Hoekom is die vier van Verpleegsterdag vir jou belangrik? Florence Nightingale was die eerste verpleegster wat die fondasie van verpleegkunde geskep het en so is die dag ’n viering van haar verjaardag. Sy het vir ons geleer van die basiese behoeftes van mense en meer.

Wat geniet jy die meeste van verpleegster wees? Dit is vir my ’n eer om mense te help en om interaksie met hulle te hê. Om ’n pasiënt op sy laagste te sien en om dan te sien hoe die pasiënt ontslaan word, fris en gesond, maak my tevrede.

Wat het jou laat besluit om hierdie beroep te volg? Verpleging is my passie. Ek het besluit op hierdie beroep nadat my pa vir my opsies gegee het oor wat ek eendag wil gaan studeer, dus het ek op hierdie beroep besluit.

Hoe het jy die aanbreek van Covid-19 ervaar? Ek voel Covid-19 het ons baie lewenslesse geleer. Dit het vir my as ’n mens geleer hoe kort die lewe is. As ek praat uit die pasiënt se oogpunt: Een oomblik is die pasiënt aan die lewe en die volgende oomblik is die persoon kortasem en op die ventilator. Dit was ook vol emosies, as verpleegster was en is dit nie lekker om vir die familie te sê hul geliefde het dit nie gemaak nie en om hul waardevolle besittings te kom haal. Die mooi ding in die werkplek was dat ons in ’n band van liefde en eenheid gewerk het.

Hoe lank werk jy al vir Life West Coast Hospitaal? Ek is die afgelope ses maande by Life West Coast-hospitaal. Voorheen was ek by Netcare Kuilsrivier-hospitaal.

Waar het jy jou studie voltooi? Ek het vir twee jaar by Netcare Education in die Kaap verpleging studeer. Daarna het ek twee jaar as ’n Suster gewerk.

Hoekom dink jy is verpleegsters so belangrik in ons samelewing? Verpleegsters gee nie net mense nuwe hoop nie, maar dra ook by om mense kundig te maak oor alles medies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article