Die Langebaan-jukskeiklub het Saterdag 7 Mei ’n suksesvolle jukskei-seisoen met ’n jaareindgeselligheid en prysuitdeling afgesluit.

Langebaan se drie spanne het die Weskus-jukskeistreek se ligas in hul onderskeie afdelings gewen en die Langebaan-klub was ook die algehele wenner van die liga.

Dit was die eerste volledige liga vir die nuut gestigte Weskus-streek en Langebaan het stof in die oë van Vredenburg en Citrusdal geskop.

Benewens die pryse wat oorhandig is, het die klub ook Herman van Lill, sy nuutverkose erepresident, sowel as Willem Bester en Trix Truter, die ere-stigterslede, vereer.

Die klub beplan om voort te bou op die prestasie van die afgelope seisoen en het reeds planne vir ’n winterliga vir die afseisoen.

Nuwe spelers gaan in die Winterliga afgerig en ontwikkel word om die standaard van jukskei in Langebaan te verhoog en die klub die topklub in die Weskus-streek te hou, meen die bestuur.. Belangstellende spelers kan Jaco Basson (079 167 9646) of Herman van Lill (083 652 1712) vir nog besonderhede kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article