Die polisie het Saterdag op ’n groot hoeveelheid onwettige drank in St. Helenabaai afgekom.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die polisie Saterdagmiddag 2 Julie ’n man (37) van Tontelblomstraat in Laingville op aanklag van handel in alkohol sonder ’n lisensie in hegtenis geneem. Van die drank waarop die polisie beslag gelê het, is onder meer 62 kiste bier, vyf 5-literhouers wyn en 12 1-literbottels wyn.





