Die Laingville-buurtwag, in samewerking met lede van die gemeenskap en plaaslike borge, het verlede Woensdag hande gevat en die Laingville-strandgebied skoongemaak.
Volgens raadslid Thyrone Williams, wat nou by die buurtwag betrokke is, het die groep sowat 100 swartsakke vol rommel gemaak. Hulle het op die deel van die strandgebied waar die meeste mense swem, gefokus.
Williams het die borge, wat die geleentheid moontlik gemaak het – Coastal Tyres, Quinton Bouers, V&N Enterprise en Laingville-supermark – bedank.
Die groep se volgende skoonmaaksessie sal volgende week, op Mandeladag (18 Julie), by die Laingville-begraafplaas wees.





