Die Suid-Afrikaanse sanger Jay tree by vanjaar se Hopefield-fynbosskou op.Foto:


Die gewilde Suid Afrikaanse sanger Jay tree by vanjaar se Hopefield-fynbossskou op.

Gaste kan uitsien na al Jay se bekende treffers. Jay was ook deel van die sanggroep Eden, waarna hy sy solosangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, Solo, het reeds platinumstatus verbygesteek en is met twee Huisgenoot Tempo-pryse vir beste pop-album, liedjie van die jaar vir “Melanie” asook twee Sama-benoemings gekroon.

Die vertoning vind Vrydag 26 Augustus om 20:30 plaas.

Die hekke open om 18:00; kaartjies kos R175 per persoon.. Twee gelukkige lesers staan ’n kans om elk ’n dubbelkaartjie te wen deur die volgende vraag te antwoord: In watter sanggroep was Jay voordat hy sy sololoopbaan begin het?

Stuur ’n SMS met die sleutelwoord “Jay” en jou antwoord na 33673 (SMS kos R1,50). Kompetisie sluit Woensdag 17 Augustus om 10:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article