Vyf ongeslypte diamante is in ’n motoris se bagasie naby Clanwilliam ontdek.


Die Weskus se landelike blitspatrollie het vyf ongeslypte diamante en onwettige plante sonder die nodige permitte in ’n voertuig gevind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is die vonds op 24 Augustus ontdek terwyl die blitspatrollie met roetinepatrolliediens op die N7-nasionale pad naby Clanwilliam besig was.

Lede van die blitspatrollie het ’n wit Toyota Corolla op die N7 voorgekeer, waarna die motor langs die pad stilgehou het.

Die polisie het die motor deursoek en die diamante en onwettige plante in die bagasie van die insittende ontdek.

’n Man (51) is in hegtenis geneem en hy het op 25 Augustus in die Clanwilliam-landdroshof verskyn.

Volgens Helfrich is die waarde van die ongeslypte diamante sowat R400 000.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article