Dié sakkies bevat die 1 573 Mandrax-tablette wat in ’n man van Kaapstad se motor op die Graafwaterpad ontdek is.


Die polisie het met ’n roetine-inspeksie op die Graafwaterpad in die Clanwilliam-omgewing op 1 573 Mandrax-tablette in ’n man van Kaapstad se motor afgekom.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is die man (47) van Woodstock se voertuig Vrydagaand (9 September) om 20:45 deur die polisie voorgekeer en deurgesoek.

Hy is in hegtenis geneem en het Maandag (12 September) in die plaaslike hof op aanklag van handel in dwelms verskyn. Die man is ook onwettig in die land.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article